Meer oor my

Ek is ‘n mamma op ‘n missie: om dit letterlik net dag vir dag te vat. DAG. VIR. DAG. Die produkitiwiteit kultuur waarin ons daagliks lewe en beïnvloed word op sosiale media is vir my net een te veel. Ons woon aan die einde van die wêreld se punt teen die weskus, by die laaste niks en nêrens. Hier deel ek net klein deeltjies van oorlewing as ‘n mamma wat werk van die huis af, wat eintlik net VOLTYDS ‘n mamma wil wees maar dit nie nou dadelik kan doen nie, ons maak alles werk en neem alles in met die groot genade aan ons geskenk.

Kos entoesias

Ek lyk nie so van draf nie. Ons hou van eet. Ek is mal daaroor om resepte uit te toets, nuwe kombinasies op die proef te stel en dan natuurlik die hele proses te dokumenteer asof ek my eie kook show het.

ENTREPRENEUR

Om te oorleef hier rond moet jy kreatief wees, uit die blou van onse kollektiewe hemel: ons survive!

Blogger

Ek was nog altyd mal oor skryf, sommer oor enige ding, maar na dese meer oor moederskap en oorlewing, want party dae oorleef ons net en dit is ook oukei.

Om ‘n ma te wees is sekerlik waar ek “peak” in die lewe. Ek kan nie dink aan iets meer eerbaar as om vir my mensies te sorg en hulle te dra in tye van onsekerheid of tye van pure genot nie.

Volg my:

Invite me to your restaurant.
Get exposure of millions food lovers.

Lorem dui tincidunt nunc viverra morbi et maecenas quam adipiscing integer amet eget blandit phasellus est natoque blandit facilisi eleifend.